Saturday, 7 March 2009
Bietjie fiets ry.
Dit is lang naweek en ons kon nie gaan kamp nie want ons het te laat wakker geskrik om plek te kry en Cornel moet sy Skills Assessment doen vir ons PR visa. So ons het so tussen deur Cornel se tikkery die kinders bietjie dam toe geneem ons te gaan fiets ry. Dit moet ek nou sĂȘ van Melbourne en die omgewing waar ons bly en dit is dat daar die heerlikste stap/fiets padjies is. Sommer so tussen die huise deur is daar orals padjies en damme waar mens veilig kan gaan loop. Orals loop tannies in groepies rond en oomies met hulle honde (en 'n sakkie vir as die hond 'n glipsie het).








