Sunday, 29 March 2009

Dromana on the Mornington Peninsula

Ons is mal oor kamp! Dit is heerlik en die kinders geniet dit net so baie. Die kamp terreine hierso in Australie is wonderlik en so goed ingerig. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis wat natuurlik baie baie skoon is. Die badkamers is skoon en goed beplan en mens het alles wat jy mag nodig kry.

Dromana is so 1,5 uur se ry van Melbourne af in op die Mornington Peninsula. Dit is 'n pragtige klein dorpie en het my baie aan Onrus laat dink ... maar net met 'n groter strand. Die strand is natuurlik aan Phillip Baai se kant so daar is geen branders nie. Ek persoonlik geniet dit want dan kan mens net rustig dryf en nie bekommerd wees oor 'n brander wat mens gaan omslaan nie. Ek en Cornel het behoorlik die naweek verlief geraak op die dorpie en ons dink dit is die perfekte plek om eendag by af te tree. .... nog lank van nou af maar mens moet voorbereid wees....

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Me, enjoying a nice swim.

Photobucket

Tuesday, 24 March 2009

PR - Skills Assesment

17 Maart 2009 - Cornel se Skills Assesment is vandag by Engineers Australia ingedien. Die agent wat ons gebruik vir ons PR visum sê dit behoort so 4 weke te neem vir goedkeuring. Eers dan kan ons PR aansoek ingedien word. Die tyd stap aan .... en ons wag..... dit is al wat ons kan doen....

But we have come this far....

Saturday, 7 March 2009

Bietjie fiets ry.

Dit is lang naweek en ons kon nie gaan kamp nie want ons het te laat wakker geskrik om plek te kry en Cornel moet sy Skills Assessment doen vir ons PR visa. So ons het so tussen deur Cornel se tikkery die kinders bietjie dam toe geneem ons te gaan fiets ry. Dit moet ek nou sê van Melbourne en die omgewing waar ons bly en dit is dat daar die heerlikste stap/fiets padjies is. Sommer so tussen die huise deur is daar orals padjies en damme waar mens veilig kan gaan loop. Orals loop tannies in groepies rond en oomies met hulle honde (en 'n sakkie vir as die hond 'n glipsie het).

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket