Thursday, 9 July 2009

Catching up on Blog

Sjoe ek het lanklaas bietjie op my Blog geskryf. Dinge het die laaste tyd maar dol gegaan hierso. Ek gaan nou nie lang stories maak nie, ek sit sommer so kortliks per foto hier onder wat ons die afgelope weke aangevang het.



Cornel wou al in SA vir Heinz 'n PW50 gekoop het maar dit was nog net altyd te duur. Wel hierso in Aussie is dinge bietjie goedkoper so ons het op E-Bay vir Heinz die PW50 gekoop. Hy geniet dit vreeslik as ons hom na die track toe neem om daar om die baan te gaan ry. Heinz word nou so vinnig groot. Hy doen baie goed op skool en ons is regtig trots op hoe goed hy aangepas het hierso in Australiƫ. Hy het al heelwat nuwe vriende gemaak en praat sommer baie goed engels.





Sjeani moes vanaf Sydney terug vlieg SA toe en Cornel het toe sommer vir my ook 'n kaartjie gekoop dat ek saam met haar kan vlieg tot in Sydney dat ek en sy vir oulaas bietjie 'n dag saam kan deur bring. Sydney is baie mooi maar met die terug vlieg na Melbourne het ek net weer eens besef Melbourne is in my bloed nou en kan nou regtig Melbourne my HUIS noem.

Melbourne



Sydney

Terwyl Sjeani hierso by ons gekuier het was ons Healesville Sanctuary toe gewees om vir haar al die Australiese diere te gaan wys. Dit was 'n koue dag maar ons het dit vreeslik geniet.




Ons het verlede naweek die sneeu gaan kyk. Ons wag nou al baie lank dat dit genoeg gesneeu het sodat ons bietjie kon gaan Taboggan ry het. Dit was vreeslik koud op die berg maar ons het ons almal baie lekker warm aan getrek en die dag geniet. Die berge is prentjie mooi met die sneeu.


Die nuwe familie lede - Skattebol en Yummie. Voor ons Australiƫ toe getrek het het ons ook mos hassies gehad maar kon hulle ongelukkig nie saam bring nie. Ons het die kinders belowe dat sodra ons meer gevestig is hier in Melbourne ons weer sal hassies kry.

Thursday, 4 June 2009

Kayak - Sandringham

Johan het 2 kayaks by 'n ander vriend van hom gekry en hy nooi toe vir Cornel om saam met hom te gaan kayak ry een Sondag. Was dit nou groot pret! Die mans en die kinders het dit sommer baie geniet. Volgende keer as Susan ook die dag af het om saam te gaan gaan ek en sy bietjie die kayaks toets.

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Monday, 27 April 2009

Die begin van die Great Ocean Road tussen Geelong en Adelaide

Ons het Saterdagoggend vroeg opgestaan en sommer net die pad gevat... Ons het gery tot by Wye River op die Great Ocean Road. Dit was 'n lekker dag behalwe dat ou Anjatjie karsiek gekry het en ons moes om draai sodat ons kan gaan pilletjies kry vir haar.

Wat interessant is as mens so rond ry dan sien mens nogal baie dinge wat ons herinner aan mooi dinge van die Kaap. Die Great Ocean Road se begin lyk baie soos die pad tussen Betty's Baai en Gordons Baai as mens kus langs ry.

Hierso is 'n paar fotos wat ek by Aireys Inlet geneem het...

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket